Genesis 24:40 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het vir my gesê: Die HERE voor wie ek wandel, sal sy engel saam met jou stuur en jou weg voorspoedig maak; en jy moet vir my seun 'n vrou neem uit my geslag en uit my vader se huis.
Afrikaans (NLV) 2011 ‘Jy sal,’ het hy gesê, ‘want die Here voor wie ek lewe, sal sy engel saam met jou stuur sodat jou sending suksesvol sal wees. Jy moet beslis onder my bloedverwante, uit my pa se mense, ’n vrou vir my seun kry.
Afrikaans 1933/1953 Maar hy het my geantwoord: Die HERE voor wie se aangesig ek gewandel het, sal sy engel met jou saamstuur, en Hy sal jou weg voorspoedig maak, sodat jy vir my seun 'n vrou uit my geslag en uit die huis van my vader kan gaan haal.
Afrikaans 1983 en toe sê hy vir my: ‘Ek leef naby die Here. Hy sal sy engel saam met jou stuur en jou in die onderneming laat slaag sodat jy 'n vrou vir my seun sal kan gaan haal by my familie, by my pa se huis.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar hy het vir my gesê, ‘Die Here voor wie ek leef, sal sy •engel saam met jou stuur, en hy sal jou reis goed laat afloop, en jy sal 'n vrou vir my seun kry by my grootfamilie en my familie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En hy het toe vir my gesê: ‘Ek dien die Here. Hy sal sy engel saam met jou stuur en Hy sal jou help om by my eie mense vir my seun 'n vrou te kry, by my pa se familie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het my gerusgestel en gesê: ‘Die Here vir wie ek nog altyd lief was, sal sy engel saamstuur en jou help om vir Isak ’n vrou by my pa se familie te kry.