Genesis 24:38 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar jy moet na die huis van my vader en na my familie gaan en 'n vrou vir my seun neem.
Afrikaans (NLV) 2011 ‘Gaan liewer na my familie toe en kry daar ’n vrou vir my seun,’ het hy beveel.
Afrikaans 1933/1953 maar jy moet gaan na die huis van my vader en na my geslag en vir my seun 'n vrou gaan haal.
Afrikaans 1983 Nee, jy moet na my pa se huis toe gaan, na my familie toe, en vir my seun 'n vrou gaan haal.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) maar jy moet na my familie en na my grootfamilie gaan en 'n vrou vir my seun gaan haal.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het vir my gesê: ‘Jy moet na my pa se familie toe gaan, na my eie mense toe, en jy moet daar vir my seun 'n vrou gaan haal.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het gesê ek moet na sy pa se mense toe gaan, na sy stam, en daar vir Isak ’n vrou loop soek.