Genesis 24:37 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En my heer het my laat sweer en gesê: Jy mag vir my seun uit die dogters van die Kanaäniete in wie se land ek woon, geen vrou neem nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het my met ’n eed laat belowe dat ek nie sou toelaat dat Isak met een van die Kanaänitiese meisies trou waar hy woon nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En my heer het my laat sweer en gesê: Jy moet vir my seun geen vrou neem uit die dogters van die Kanaäniete in wie se land ek woon nie; |
| Afrikaans 1983 | My eienaar het my 'n eed laat aflê toe hy vir my gesê het: ‘Jy mag nie my seun laat trou met 'n dogter van die Kanaäniete in wie se land ek woon nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | My heer het my 'n eed laat aflê, ‘Jy mag nie vir my seun 'n vrou neem uit die dogters van die Kanaäniete in wie se land ek woon nie; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar my eienaar het vir my gesê: ‘Ek woon in die land van die Kanaäniete, maar ek wil nie hê my seun moet met een van hulle dogters trou nie.’ “Ek moes dit belowe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | My meneer het my toe met ’n eed laat belowe dat ek nooit vir Isak ’n jongmeisie in Kanaän waar ons bly, sal gaan soek nie. |