Genesis 24:36 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sara, die vrou van my heer, het vir my heer 'n seun gebaar toe sy oud was, en aan hom het hy alles gegee wat hy het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Toe Sara, my meester se vrou, alreeds bejaard was, het sy geboorte gegee aan sy seun. My meester het alles wat hy besit aan hom bemaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Sara, die vrou van my heer, het vir my heer 'n seun gebaar nadat sy al oud was; en hy het aan hom alles oorgegee wat hy besit. |
| Afrikaans 1983 | Sara, die vrou van my eienaar, het op gevorderde leeftyd vir hom 'n seun in die wêreld gebring, en hy is die erfgenaam. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sara, die vrou van my heer, het vir hom 'n seun in die wêreld gebring nadat sy al oud geword het. My heer het alles wat hy besit, vir hom gegee. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “My eienaar se vrou Sara het 'n seun gekry toe sy al oud was, en Abraham het vir die seun alles gegee wat hy het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sara, my meneer se vrou, het hom op ’n hoë ouderdom ’n seun gegee. En meneer Abraham het alles wat hy het, vir dié kind gegee. |