Genesis 24:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daar is vleis voor hom voorgesit om te eet, maar hy het gesê: Ek sal nie eet voordat ek my opdrag vertel het nie. En hy sê: Spreek voort. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarna is aandete bedien. Maar die slaaf sê: “Ek wil nie eet voordat ek vertel het waarom ek hierheen gekom het nie.” “Goed,” sê Laban, “vertel ons wat jy kom doen het.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop het hulle ete voor hom neergesit; maar hy het gesê: Ek sal nie eet voordat ek my saak voorgedra het nie. En hy antwoord: Spreek maar. |
| Afrikaans 1983 | Toe hulle vir die man kos bring om te eet, sê hy: “Ek sal nie eet voor ek my opdrag uitgevoer het nie.” Laban het gesê: “Praat gerus!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar is vir hom iets te ete voorgesit, maar het hy gesê: “Ek sal nie eet voordat ek my saak gestel het nie.” Laban het geantwoord: “Praat maar!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle bring toe ook vir die man kos, maar hy sê: “Ek mag nie eet nie, ek moet eers vertel hoekom ek gekom het.” En Laban sê: “Praat.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Laban het ’n klomp kos vir die man gebring, maar dié het gesê: “Voordat ek eet, moet ek julle eers alles vertel.” “Goed dan,” het Laban gesê, “praat dan maar eers.” |