Genesis 24:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die man het in die huis gekom, en hy het sy kamele losgemaak en vir die kamele strooi en voer gegee en water om sy voete te was en die voete van die manne wat by hom was. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die man gaan toe saam met Laban huis toe. Laban het die kamele afgesaal, vir hulle voer gegee en strooi om op te slaap. Hy het ook vir die slaaf en die mense by hom water gegee om te was. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die man het in die huis ingekom -- die kamele is afgesaal en vir die kamele is strooi en voer gegee, en water om sy voete te was en die voete van die manne wat by hom was. |
| Afrikaans 1983 | Die man is toe saam huis toe, en Laban het die kamele laat afsaal en vir hulle voer gegee en strooi om op te lê. Vir die man het hy water gegee om sy voete te was en ook vir die mense by hom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die man het die huis binnegegaan. Laban het die kamele losgemaak, strooi en voer vir die kamele gegee en water om sy en die manne wat by hom was, se voete te was. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het die man huis toe gebring, die kamele losgemaak en vir hulle strooi en kos gegee. Hy het vir die man water gegee om sy voete te was en ook vir die ander mans wat by hom was. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die man is toe saam met Laban huis toe. Daar gekom, het Laban die kamele afgelaai en vir hulle voer en strooi gegee. Hy het ook vir al die mense water gegee sodat hulle hulle kon was. |