Genesis 24:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sê: Kom in, geseëndes van die HERE; waarom staan jy daarbuite? want Ek het die huis gereed gemaak en plek vir die kamele. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Kom saam en bly oor by ons. U is ’n geseënde van die Here. Hoekom sal u hier buitekant die dorp bly staan terwyl ek alreeds vir u slaapplek reggemaak het? Ek het ook plek reg vir u kamele.” |
| Afrikaans 1933/1953 | en gesê: Kom in, geseënde van die HERE! Waarom staan jy buitekant terwyl ek die huis reggemaak het en ook plek vir die kamele? |
| Afrikaans 1983 | Laban het vir hom gesê: “Kom saam! Jy is 'n man wat deur die Here geseën is. Waarom bly jy hier buite staan? Ek het vir jou plek reggemaak in my huis, en daar is ook plek vir die kamele.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het vir hom gesê: “Kom in, geseënde van die Here! Waarom sal jy buite bly staan, terwyl ek self die huis en die plek vir die kamele gereedgemaak het?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Laban sê toe vir hom: “Kom saam. Die Here het jou geseën. Hoekom staan jy hier buite? Ek het al klaar die huis gereedgemaak vir jou en ook die plek vir die kamele.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Laban het gesê: “Vriend, kom saam met my huis toe. Jy is deur die Here geseën. Kom, waarom staan jy nog daar? By ons huis is daar baie plek vir jou en jou kamele.” |