Genesis 24:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit het gebeur toe hy die oorring en armbande aan sy suster se hande sien, en toe hy die woorde van sy suster Rebekka hoor wat sê: So het die man met my gespreek; dat hy na die man gekom het; en kyk, hy staan by die kamele by die put. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het die neusring en die armbande gesien wat sy suster dra, en die storie gehoor wat sy vertel het. Daarom hardloop hy haastig na die fontein toe. Die man het nog daar by sy kamele gestaan. Laban sê vir hom: |
| Afrikaans 1933/1953 | Want toe hy die ring en die armbande aan die hande van sy suster sien en die woorde van sy suster Rebekka hoor, naamlik: So het die man met my gespreek -- het hy na die man gegaan, terwyl hy nog daar staan by die kamele by die fontein, |
| Afrikaans 1983 | *** |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe hy die neusring sien, en ook die armbande aan sy suster se polse, en hy die woorde hoor wat sy suster Rebekka sê, “So het die man met my gepraat,” gaan hy na die man toe. En kyk, hy staan toe nog daar by die kamele langs die fontein! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het die neusring gesien en die armbande aan sy suster se arms. Toe hy hoor sy suster Rebekka vertel wat die man gesê het, het hy na die man toe gegaan. Die man het by die kamele by die fontein gestaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Laban het die goue ring gesien asook die armbande, en hy het gehoor hoe sy suster van die man vertel. Dit is hoekom hy alles gelos het en vinnig fontein toe is. Daar het hy Abraham se werker gekry wat nog die hele tyd by sy kamele gestaan en wag het. |