Genesis 24:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ek sal jou laat sweer by die HERE, die God van die hemel en die God van die aarde, dat jy vir my seun uit die dogters van die Kanaäniete onder wie ek woon, geen vrou sal neem nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | en lê ’n eed af by die Here, die God van die hemel en die aarde, dat jy nie sal toelaat dat my seun met een van hierdie plaaslike Kanaänitiese meisies trou nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | dat ek jou kan laat sweer by die HERE, die God van die hemel en die God van die aarde, dat jy vir my seun geen vrou sal neem uit die dogters van die Kanaäniete onder wie ek woon nie; |
| Afrikaans 1983 | dat jy vir my met 'n eed in die Naam van die Here die God van die hemel en die aarde kan beloof dat jy nie my seun sal laat trou met 'n dogter van die Kanaäniete by wie ek nou woon nie; |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | sodat ek jou 'n eed kan laat aflê by die Here, die God van die hemel, en die God van die aarde, dat jy nie vir my seun 'n vrou sal neem uit die dogters van die Kanaäniete in wie se midde ek woon nie, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en belowe voor die Here, die God van die hemel en die aarde. Belowe dat jy nie my seun sal laat trou met 'n dogter van die Kanaäniete tussen wie ek woon nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jy moet my in die Naam van die Here, die God van die hemel en die aarde, beloof dat jy nie vir my seun ’n Kanaänitiese vrou sal kies uit die mense waartussen ek bly nie. |