Genesis 24:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Rebekka het 'n broer gehad, en sy naam was Laban; en Laban het na die man gehardloop, na die put. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Rebekka se broer se naam was Laban. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Rebekka het 'n broer gehad met die naam van Laban, en Laban het uitgeloop na die man buite by die fontein. |
| Afrikaans 1983 | [29-30] Rebekka het 'n broer gehad met die naam Laban. Toe hy die neusring sien en die armbande aan sy suster se arms en haar hoor vertel wat die man alles vir haar gesê het, het hy na die man toe gehardloop by die fontein buite die stad. Toe hy by hom kom, het die man nog by die kamele gestaan, langs die fontein. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Rebekka het 'n broer gehad met die naam Laban. Laban het hom gehaas na die man daar buite by die fontein. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Rebekka het 'n broer gehad. Sy naam was Laban. Laban het na die man toe gehardloop by die fontein. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Rebekka se broer Laban het die storie gehoor en is reguit fontein toe om die man te ontmoet. |