Genesis 24:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die meisie het gehardloop en hulle hierdie dinge van haar moeder se huis vertel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die meisie hardloop toe na haar huis toe en vertel haar familie alles wat gebeur het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarna het die dogter geloop en in die huis van haar moeder vertel wat daar gebeur het. |
| Afrikaans 1983 | Die meisie het na haar ma se huis toe gehardloop en alles gaan vertel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die jong meisie het toe gehardloop en by haar moeder se huis hierdie dinge gaan vertel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die dogter het huis toe gehardloop en sy het vir haar ma gaan vertel wat gebeur het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Na die man se gebed is die meisie huis toe en sy het haar ma alles gaan vertel. |