Genesis 24:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê hy: Geloofd sy die HERE, die God van my heer Abraham, wat my heer nie verootmoedig het van sy goedertierenheid en sy trou nie;
Afrikaans (NLV) 2011 “Aan die Here, die God van my meester Abraham, kom toe die lof,” sê hy. “Die Here was goed vir my en getrou aan Abraham, want hy het my reguit na my meester se bloedverwante toe gelei.”
Afrikaans 1933/1953 met die woorde: Geloofd sy die HERE, die God van Abraham, my heer, wat sy goedertierenheid en sy trou aan my heer nie onttrek het nie. Wat my aangaan, die HERE het my op die weg gelei na die huis van die broers van my heer.
Afrikaans 1983 “Aan die Here die God van Abraham wie se slaaf ek is, kom die lof toe! Die Here het nie sy troue liefde van my eienaar weerhou nie en vir my het die Here reguit gelei na die huis van my eienaar se broer toe.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en gesê: “Die Here, die God van my heer Abraham, moet geprys word, Hy wat sy liefde en trou nie van my heer weerhou het nie. Wat my betref: Die Here het my gelei op die pad na die huisgesin van my heer se broer. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en gesê: “Ek prys U, Here, God van my eienaar Abraham. U was goed vir my eienaar en U het gedoen wat U belowe het. U het my gelei na my eienaar se broer toe.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Loof die Here, die God van my eienaar Abraham, want Hy is getrou. Prys Hom, want Hy het gedoen wat Hy belowe het. Maak sy Naam groot, want Hy het my sommer reguit na meneer Abraham se mense toe gelei.”