Genesis 24:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Verder sê sy vir hom: Ons het genoeg strooi, voer en slaapplek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En ja, ons het genoeg strooi en voer vir die diere, en ook slaapplek.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Verder sê sy vir hom: Daar is ook strooi en voer in oorvloed by ons, ook plek om te vernag. |
| Afrikaans 1983 | Verder het sy gesê: “Ons het baie strooi en kameelvoer, en daar is plek om te oornag.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sy het verder vir hom gesê: “Daar is by ons sowel strooi as baie voer, en ook plek om te oornag.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar is baie strooi en voer by ons, en ook slaapplek.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | En julle is baie welkom by my pa-hulle. Daar is strooi en kos in oorvloed en ook genoeg slaapplek vir almal.” |