Genesis 24:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En terwyl die kamele klaar gedrink het, neem die man 'n goue oorring van 'n halwe sikkel en twee armbande vir haar hande van tien sikkels goud;
Afrikaans (NLV) 2011 Toe die kamele klaar gedrink het, gee hy haar ’n goue ring van ’n halwe sikkel vir haar neus en twee armbande van tien sikkels goud.
Afrikaans 1933/1953 En toe die kamele genoeg gedrink het, neem die man 'n goue ring, 'n halfsikkel in gewig, en twee armbande vir haar hande, tien sikkels goud in gewig.
Afrikaans 1983 Toe die kamele klaar gedrink het, sit hy 'n goue ring van ses gram aan haar neus en twee goue armbande van honderd en vyftien gram aan haar arms,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe die kamele klaar gedrink het, haal die man 'n goue neusring uit, wat 'n beka weeg, en vir haar polse ook twee armbande waarvan die gewig tien sikkels goud was.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe die kamele klaar gedrink het, neem die man 'n goue ring wat 'n halfsikkel weeg, en sit dit aan haar neus. Hy het twee goue armbande geneem, elke armband het tien sikkels geweeg, en hy het dit aan haar arms gesit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Na die kamele klaar gedrink het, het hy ’n duur, goue ring gevat en dit vir haar gegee. Hy het ook twee kosbare, groot goue armbande geneem en dit om haar arms gesit.