Genesis 24:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die man wat haar verwonder het, het stilgebly, om te weet of die HERE sy reis voorspoedig gemaak het of nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die slaaf het haar in stilte dopgehou en gewonder of dit werklik die een is wat die Here beskik het dat hy moes teëkom.
Afrikaans 1933/1953 En die man het haar stilswyend betrag om te weet of die HERE sy weg voorspoedig gemaak het of nie.
Afrikaans 1983 Die man het haar in stilte aangekyk om vas te stel of die Here hom in sy onderneming laat slaag het of nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die man het haar in stilte dopgehou om uit te vind of die Here sy reis goed laat afloop het of nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die slaaf het na haar gekyk om te sien of die Here vir hom die regte vrou gewys het of nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Abraham se werker het alles eenkant staan en dophou. Hy wou sien of die Here sy reis voorspoedig sou maak.