Genesis 24:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sy het gou gemaak en haar kruik in die trog leeggemaak en weer na die put gehardloop om water te skep, en het vir al sy kamele geput. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sy maak toe gou haar kruik leeg in die drinkbak en gaan vinnig af na die water toe. Sy het aangehou om water vir die kamele aan te dra totdat almal genoeg gedrink het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dadelik het sy toe haar kruik in die drinkbak leeggemaak en weer na die put geloop om te skep en vir al sy kamele geskep. |
| Afrikaans 1983 | Sy het gou haar kruik in die krip leeg gemaak en toe fontein toe gehardloop om nog water te skep. Sy het vir al die kamele geskep. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sy maak toe gou haar kruik in die drinkbak leeg en haas haar weer na die put om water te skep. Sy het vir al sy kamele water geskep. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Sy gooi toe gou die water van haar kruik in die drinkbak en hardloop weer af na die fontein om water te skep. So het sy vir al die kamele water gegee. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sy het toe die res van die kruik se water in die trog gegooi en is op ’n drafstap fontein toe om nog te kry. So het sy aangehou totdat al die kamele klaar gedrink het. |