Genesis 24:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die meisie was baie mooi, 'n maagd, en niemand het haar geken nie; en sy het afgegaan na die put en haar kruik volgemaak en opgekom.
Afrikaans (NLV) 2011 Rebekka was ’n besonder mooi meisie en het nog nooit by ’n man geslaap nie. Sy gaan af na die water toe, maak haar kruik vol en kom weer boontoe.
Afrikaans 1933/1953 En die dogter was baie mooi van aansien, 'n jongmeisie, en geen man het haar beken nie. En sy het afgedaal na die fontein en haar kruik volgemaak en weer opgekom.
Afrikaans 1983 Die meisie was baie mooi, 'n jongmeisie met wie 'n man nog nie gemeenskap gehad het nie. Sy het afgegaan tot by die fontein en haar kruik vol gemaak en teruggeklim.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die jong meisie was beeldskoon, 'n maagd met wie 'n man nog nie gemeenskap gehad het nie. Sy het afgegaan na die fontein, haar kruik volgemaak en weer na bo gegaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die jong meisie was baie mooi, en sy het nog nie by 'n man geslaap nie. Sy het afgegaan na die fontein en sy het haar waterkruik volgemaak en weer boontoe gekom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Rebekka was ’n baie mooi jongmeisie wat nog glad nie by ’n man geslaap het nie. Sy het by die fontein se trappies afgestap, gebuk, haar kruik volgemaak en toe teruggestap.