Genesis 24:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En voordat hy klaar gepraat het, kom Rebekka uit, wat gebore is vir Betuel, seun van Milka, die vrou van Nahor, Abraham se broer, met haar kruik op haar skouer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy was nog besig om te bid toe ’n meisie met die naam Rebekka daar aankom met ’n waterkruik op haar skouer. Haar pa se naam was Betuel, die seun van Abraham se broer Nahor en sy vrou Milka. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy het nog nie klaar gespreek nie, of daar kom Rebekka uit wat vir B,tuel, die seun van Milka, die vrou van Nahor, Abraham se broer, gebore is, met haar kruik op haar skouer. |
| Afrikaans 1983 | Voor hy nog klaar gebid het, kom Rebekka met die waterkruik op haar skouer daar aan. Sy was die dogter van Betuel, seun van Milka die vrou van Nahor, Abraham se broer. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het nog nie eers klaar gepraat nie, kyk, toe kom Rebekka – gebore vir Betuel, die seun van Milka, die vrou van Nahor, Abraham se broer – uit met haar kruik op haar skouer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy was besig om dit te sê, toe kom Rebekka daar. Sy het haar waterkruik op haar skouer gedra. Sy was die dogter van Betuel, en Betuel was die seun van Abraham se broer Nahor en sy vrou Milka. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Voordat hy nog klaar gebid het, het Rebekka met ’n waterkruik op haar skouer daar aangekom. Sy was die dogter van Betuel. En Betuel was die seun van Abraham se broer Nahor en sy vrou, Milka. |