Genesis 24:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Laat die meisie vir wie ek sê: Laat tog jou kruik neersit dat ek kan drink; en sy sal sê: Drink, en Ek sal ook jou kamele laat drink. Laat dit sy wees wat jy vir U kneg Isak aangestel het; en daardeur sal ek weet dat jy guns bewys het aan my heer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sal vir een van hulle water vra om te drink. As sy sê ‘sekerlik, en ek sal sommer ook vir jou kamele water gee om te drink’ — laat dit die een wees wat U gekies het as vrou vir Isak. Dit sal ’n bevestiging wees van u troue liefde teenoor my meester.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Laat dit nou tog gebeur: as die dogter aan wie ek sal sê: Hou tog jou kruik, dat ek kan drink, antwoord: Drink, en ek sal ook u kamele laat drink -- dan is sy dit wat U bestem het vir u kneg Isak, en daaraan sal ek weet dat U guns aan my heer bewys het. |
| Afrikaans 1983 | As ek vir 'n meisie vra: ‘Hou tog jou waterkruik dat ek kan drink,’ en sy antwoord: ‘Drink gerus, en ek sal jou kamele ook water gee,’ dan is dit sy wat deur U gekies is vir u dienaar, vir Isak, en dan sal ek weet dat U trou betoon aan my eienaar.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Mag dit so gebeur: Die jong meisie vir wie ek sê, ‘Hou asseblief jou kruik skuins dat ek kan drink,’ en wat my dan antwoord, ‘Drink! En ook jou kamele sal ek laat drink’ – dit is sy wat U bestem het vir u dienskneg, vir Isak; en daaraan sal ek weet dat U aan my heer troue liefde bewys het.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal vir 'n meisie vra: ‘Hou asseblief jou waterkruik sodat ek kan drink.’ As sy dan sê: ‘Jy mag drink, en ek sal jou kamele ook laat drink,’ dan sal ek weet U het haar gekies vir u dienaar Isak. Dan sal ek ook weet dat U doen wat U vir my eienaar belowe het.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek gaan vir een van hulle vra: ‘Gee my asseblief ’n bietjie water uit jou emmer om te drink,’ en as sy sê: ‘Drink gerus en bring ook jou kamele dat ek hulle kan water gee,’ sal ek weet dit is die vrou wat U vir Isak aangewys het. Dit sal ook die teken wees dat U aan meneer Abraham gedink het en dat U al die beloftes aan hom onthou het.” |