Genesis 24:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het gesê: HERE, God van my heer Abraham, stuur tog nog vandag vir my, en bewys guns aan my heer Abraham. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “O Here, God van my meester Abraham,” het hy gebid. “Laat ek suksesvol wees, en bewys u getrouheid aan my meester Abraham. |
| Afrikaans 1933/1953 | en gesê: HERE, God van Abraham, my heer, laat ek haar tog vandag ontmoet, en bewys guns aan Abraham, my heer. |
| Afrikaans 1983 | Hy het gebid: “Here, God van Abraham wie se slaaf ek is, laat daar vandag iets met my gebeur; betoon tog u trou aan my eienaar Abraham. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het gesê: “ Here, God van my heer Abraham, laat dit asseblief vandag vir my gebeur, en bewys so troue liefde aan my heer Abraham. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die slaaf het gebid: “Here, God van my eienaar Abraham, U moet asseblief vandag 'n goeie ding met my laat gebeur en U moet goed wees vir my eienaar Abraham. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die werker het gebid en gesê: “Here, U wat die God van my eienaar Abraham is, laat my tog vanmiddag die regte dinge doen en sê. Bewys u liefde vir my meester Abraham. |