Genesis 24:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het sy kamele buite die stad laat kniel by 'n fontein in die aand, die tyd wat vroue uitgaan om water te skep. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daar aangekom, laat hy die kamele kniel by ’n fontein net buite die dorp. Dit was laatnamiddag en tyd dat die vroue uitkom om water te kom haal. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het die kamele laat neerkniel buitekant die stad by 'n put, teen die aand, teen die tyd dat die vroue uitgaan om water te skep, |
| Afrikaans 1983 | Daar het hy die kamele by 'n fontein buite die stad laat kniel. Dit was laat middag, teen die tyd dat die vrouens uitkom om water te skep. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het die kamele teen die aand buite die dorp by 'n put laat kniel, die tyd wanneer vroue uitgaan om water te skep. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Een middag laat het die slaaf die kamele laat rus by 'n fontein buite die stad. Dit was die tyd wanneer die meisies elke dag water kom haal het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Een middag het die werker uiteindelik daar aangekom. Net buite die stad was daar ’n fontein en hy het die kamele daar laat drink. Dit was teen die aand, die tyd van die dag dat die vroue fontein toe gekom het om water vir die huis te skep. |