Genesis 24:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die dienaar het tien kamele van die kamele van sy heer geneem en weggegaan; want al die goed van sy heer was in sy hand; en hy het opgestaan en na Mesopotamië gegaan, na die stad Nahor.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het tien kamele gelaai met allerlei kosbare geskenke van Abraham. Daarna het hy vertrek na Mesopotamië, na die dorp waar Abraham se broer Nahor gewoon het.
Afrikaans 1933/1953 En die dienaar het tien kamele van die kamele van sy heer geneem en weggegaan met allerhande kosbare goed van sy heer by hom: hy het klaargemaak en na Mesopot mië, na die stad van Nahor, getrek.
Afrikaans 1983 Die slaaf het tien van sy eienaar se kamele gevat en ook allerlei mooi geskenke en vertrek na Mesopotamië toe, na die stad toe waar Nahor gewoon het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die slaaf het tien van sy heer se kamele geneem en vertrek, met allerlei kosbaarhede van sy heer by hom. Hy het gereedgemaak en vertrek na Aram-Naharajim, na die dorp van Nahor.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die slaaf neem toe tien kamele van sy eienaar en hy gaan. Hy het baie presente van Abraham saamgeneem. Hy het na die land Mesopotamië gegaan, na die stad waar Nahor gewoon het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die werker het toe tien van Abraham se kamele gevat en die beste geskenke, en hy is daar weg. Hy het reguit koers ingeslaan na ’n plek in die noorde van Mesopotamië. Dit was die stad waar Nahor, Abraham se broer, gewoon het.