Genesis 23:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | dat hy my die spelonk van Magpéla kan gee wat hy het, wat aan die einde van sy veld is; vir soveel geld as wat dit werd is, sal hy dit aan my gee as 'n besitting van 'n graf onder julle. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | om die spelonk van Makpela op die punt van sy grond aan my af te staan. Wat ook al die prys is waarop besluit word, ek sal dit in julle teenwoordigheid ten volle betaal sodat ek ’n begraafplaas van my eie kan besit.” |
| Afrikaans 1933/1953 | dat hy aan my gee die spelonk van Magp,la wat aan hom behoort, wat aan die end van sy stuk grond lê; laat hy dit vir die volle som aan my gee, dat ek 'n graf onder julle mag besit. |
| Afrikaans 1983 | dat hy die Makpelagrot aan die kant van sy grond aan my afstaan. Hy moet dit in julle teenwoordigheid teen die volle markprys aan my verkoop dat ek dit as begraafplek kan besit.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | sodat hy die grot van Magpela wat aan hom behoort, en wat aan die rand van sy grond lê, vir my sal gee. Teen die volle koopprys moet hy dit vir my gee, sodat ek tussen u 'n begraafplek as eiendom kan besit.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Vra vir hom of hy die Makpela-grot aan my sal verkoop. Die grot behoort aan hom, dit is op sy grond naby die kant. Ek sal vir hom betaal wat hy wil hê, sodat die graf aan my kan behoort. Julle moet almal daar wees wanneer hy dit aan my verkoop.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | en vir hom te vra om die grot van Magpela aan my te verkoop. Hy besit dit en dit is aan die rand van sy grond geleë. Ek sal hom sy volle prys betaal. Ons kan die transaksie sommer hier voor u almal afhandel.” |