Genesis 23:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Luister na ons, my heer, U is 'n magtige vors onder ons; begrawe U dode in die uitverkorenes van ons grafte; niemand van ons sal sy graf van jou weerhou nie, maar dat jy jou dooies kan begrawe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Sekerlik, want jy is ’n gerespekteerde persoon in ons omgewing. Kies vir jou die beste graf waarin jy haar kan begrawe. Nie een van ons sal daarteen beswaar maak nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Luister na ons, my heer! U is 'n vors van God onder ons. Begraaf u dode in die beste graf wat ons het; niemand van ons sal u sy graf weier om u dode te begrawe nie. |
| Afrikaans 1983 | “Luister na ons, Meneer! Ons beskou u as 'n baie belangrike man. Begrawe u vrou in die beste graf hier by ons. Niemand van ons sal weier dat u u vrou in sy graf begrawe nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Luister na ons, meneer! U is 'n magtige leier in ons midde. Begrawe u oorlede vrou in die keur van ons grafte. Niemand onder ons sal u sy graf weier, om daar u oorlede vrou te begrawe nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Luister na ons, Meneer. Jy is een van ons belangrike leiers. Begrawe jou vrou in die beste graf wat ons het. Nie een van ons sal weier as jy jou vrou in sy graf wil begrawe nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Dit is goed so, Meneer. U is soos ’n prins van God tussen ons. U kan die beste grond kry. Ons wil almal hê dat u u vrou hier begrawe. Ons ken u en ons weet dat u naby aan God leef.” |