Genesis 23:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek is 'n vreemdeling en 'n bywoner by jou; gee my 'n besitting van 'n graf by jou, dat ek my dooies voor my aangesig kan begrawe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ek is maar ’n vreemdeling onder julle. Verkoop asseblief aan my ’n stuk grond waar ek my vrou kan begrawe.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek is 'n vreemdeling en bywoner onder julle. Gee my 'n graf as besitting by julle, dat ek my dode van my af weg kan begrawe. |
| Afrikaans 1983 | “Ek is 'n vreemdeling, 'n bywoner by julle. Gee vir my 'n vaste besitting as graf hier by julle sodat ek my vrou daarin kan begrawe.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Ek is 'n •vreemdeling en bywoner by julle; gee vir my 'n begraafplek as eiendom by julle, sodat ek my oorlede vrou kan begrawe en haar kan weglê. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Ek is 'n vreemdeling, ek woon nie altyd hier by julle nie. Ek wil asseblief by julle 'n stuk grond hê wat my eie kan wees, sodat ek my vrou daar kan begrawe.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Menere, soos u weet, is ek maar ’n vreemdeling tussen u en besit ek geen grond nie. My vrou is dood en ek wil haar graag begrawe. Vandag vra ek u ’n stukkie grond vir ’n graf.” |