Genesis 23:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die stuk grond en die spelonk wat daarin is, is deur die seuns van Het aan Abraham as 'n besitting van 'n graf besorg. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Abraham het op dié manier wettiglik die grond en die grot as ’n begraafplaas van die Hetiete gekoop. |
| Afrikaans 1933/1953 | So is dan die stuk grond en die spelonk wat daarin was, deur die seuns van Het aan Abraham afgestaan om dit as graf in eiendom te besit. |
| Afrikaans 1983 | So het die stuk grond met die grot daarop uit die hande van die Hetiete oorgegaan na Abraham as begraafplek wat aan hom behoort. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die grond en die grot daarop is aan Abraham oorgedra – 'n begraafplek as eiendom vanaf die Hetiete. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | So het die grond en die grot wat voorheen aan die Hetiete behoort het, Abraham se grond geword. Abraham het dit gebruik om sy mense daar te begrawe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die land het met grot en al van die Hetiete na Abraham oorgegaan. Hy het daarvan ’n begraafplaas gemaak. |