Genesis 23:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sara het gesterwe in Kirjat-Arba; dit is Hebron in die land Kanaän, en Abraham het gekom om oor Sara te treur en oor haar te ween. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | is sy by Kirjat-Arba dood. Dit is Hebron in die land Kanaän. Abraham het daar gerou en oor haar gehuil. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Sara het gesterwe in Kirjat-Arba, dit is Hebron, in die land Kanaän; en Abraham het gekom om oor Sara te rouklaag en haar te beween. |
| Afrikaans 1983 | Sy is oorlede in Kirjat-Arba, dit is Hebron, in Kanaän. Abraham het oor haar gaan rou en huil. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sara het gesterf in die land Kanaän by Kirjat-Arba, dit is Hebron. Abraham het by die tent ingegaan om oor Sara te rou en oor haar te huil. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Sy het gesterf in die stad Kirjat-Arba, dit is Hebron, in die land Kanaän. Abraham het oor Sara gehuil en gerou. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sy is in Kirjat-Arba dood. Dit was ’n plek in Kanaän wat tot vandag toe Hebron genoem word. Abraham was hartseer oor Sara se dood en het lank oor haar gehuil. |