Genesis 23:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die veld van Efron wat in Magpéla voor Mamre was, asook die spelonk, al die bome wat in al die grense rondom was, is bewaak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | So het hy wettiglik die stuk grond by Makpela naby Mamre van Efron gekoop. Dit het ingesluit die grond, die grot daarop, en al die bome tot by die grens van die grond. |
| Afrikaans 1933/1953 | So het dan die stuk grond van Efron wat in Magp,la teenoor Mamre lê, die stuk grond en die spelonk wat daarin is, en al die bome op die stuk grond wat op die ganse gebied daarvan rondom staan, |
| Afrikaans 1983 | [17-18] So het die stuk grond van Efron in Makpela waarop die grot is en wat oos van Mamre geleë is, Abraham se eiendom geword in die teenwoordigheid van die Hetiete en almal wat by die stadspoort inkom: die grond met die grot daarop en al die bome op die grond, sover as die grense daarvan gestrek het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | So het die stuk grond van Efron wat in Magpela, oos van Mamre, is – die grond en die grot wat daarop is, en al die bome wat op die grond is, binne die hele grens reg rondom – oorgegaan |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | So het Efron sy grond in Makpela verkoop. Dit was die grond oorkant Mamre, die grond en die grot en al die bome daarop. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | So het Efron se landgoed in Magpela oos van Mamre Abraham se eiendom geword. Die land met die grot en al die bome in die gebied het nou aan Abraham behoort. |