Genesis 23:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Abraham het na Efron geluister; Abraham het vir Efron die silwer afgeweeg wat hy voor die ore van die seuns van Het genoem het, vier honderd sikkels silwer, lopende geld by die handelaar. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Abraham betaal toe die prys wat Efron gevra het, soos voor almal ooreengekom. Dit was 400 sikkels silwer. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe luister Abraham na Efron, en Abraham het aan Efron die geld afgeweeg waarvan hy gespreek het voor die ore van die seuns van Het -- vier honderd sikkels silwer gangbaar by die koopman. |
| Afrikaans 1983 | Toe het Abraham ingestem en die silwer vir Efron afgeweeg wat hy in die teenwoordigheid van die Hetiete genoem het: vier en 'n half kilogram silwer soos dit in die handel afgeweeg word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Abraham het na Efron geluister. Abraham het vir Efron die silwer afgeweeg wat hy ten aanhore van die Hetiete genoem het: vierhonderd sikkel silwer, wat aanvaarbaar is by handelaars. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Abraham het na Efron geluister. Hy het die silwer geweeg en vir Efron gegee. Dit was soveel silwer soos Efron voor die Hetiete gesê het, 400 sikkels, soos 'n handelaar dit weeg. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Abraham het Efron se aanbod aanvaar. Hy het toe die hele bedrag in silwer voor Efron en die Hetiete afgetel en dit vir hom gegee. Almal was oortuig dat die transaksie wettig was. |