Genesis 23:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) My heer, luister na my: die land is vierhonderd sikkels silwer werd; wat is dit tussen my en jou? begrawe dan jou dooies.
Afrikaans (NLV) 2011 “Meneer, luister na my. Die land is 400 sikkels silwer werd, maar wat is dit nou tussen ons? Gaan voort en begrawe jou vrou.”
Afrikaans 1933/1953 My heer, luister na my. 'n Stuk land van vier honderd sikkels silwer -- wat is dit tussen my en u? Begraaf maar u dode.
Afrikaans 1983 “Meneer, luister na my! Moenie dat ons stry oor 'n stukkie grond wat vier en 'n half kilogram silwer werd is nie. En dit om u vrou te begrawe!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Meneer, luister na my! 'n Stuk grond van vierhonderd sikkel silwer, wat is dit nou tussen my en u? Begrawe u oorlede vrou!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Meneer, luister na my. Die stuk grond kos 400 sikkels silwer. Maar wat maak dit saak tussen my en jou? Begrawe jou vrou daar.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy kan alles vir vier en ’n half kilogram silwer kry. Dan kan jy jou vrou gaan begrawe.”