Genesis 23:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het met Efron gespreek voor die ore van die volk van die land en gesê: Maar as jy dit wil gee, luister tog na my. Ek sal jou geld gee vir die land; neem dit van my af, en ek sal my dooies daar begrawe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Terwyl almal luister, sê hy vir Efron: “Nee, luister vir mý. Ek sal dit van jou koop. Laat my die volle prys betaal sodat ek my vrou daar kan begrawe.” |
| Afrikaans 1933/1953 | en met Efron gespreek voor die ore van die volk van die land: Ja, as dit u is, ag, luister na my! Ek gee die geld vir die stuk grond; neem dit van my aan, dat ek my dode daar kan begrawe. |
| Afrikaans 1983 | en waar hulle almal dit kon hoor, het hy vir Efron gesê: “Nee, luister tog maar na my! Ek betaal die volle prys vir die grond. Vat die geld by my, sodat ek my vrou daar kan begrawe.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en ten aanhore van die mense van die land met Efron gepraat: “As u maar net asseblief na my sal luister! Ek betaal vir die grond. Aanvaar dit van my, sodat ek my oorlede vrou daar kan begrawe.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en hy sê vir Efron sodat almal dit kan hoor: “Luister asseblief na my. Ek sal betaal vir die grond. Neem my geld sodat ek my vrou daar kan begrawe.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het met Efron voor al die ander dorpsraadslede in die poort gepraat. “Meneer, baie dankie. U is werklik goed vir my, maar ek wil eerder die grond by u koop. As ek dit gekoop het, kan ek my vrou daar begrawe.” |