Genesis 23:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Nee, my heer, luister na my; die stuk grond gee ek aan U, en die spelonk wat daarin is, gee ek aan U; in die teenwoordigheid van die seuns van my volk gee ek dit vir jou; begrawe jou dooies.
Afrikaans (NLV) 2011 “Nee, Meneer! Luister tog asseblief vir my. Ek sal die grot en die stuk land vir jou skenk. Ek gee dit vir jou hier in die teenwoordigheid van my mense. Gaan begrawe gerus jou vrou daar.”
Afrikaans 1933/1953 Nee, my heer, luister na my. Die stuk grond gee ek aan u; ook die spelonk wat daarin is, dit gee ek aan u; voor die oë van die seuns van my volk gee ek dit aan u; begraaf u dode.
Afrikaans 1983 “Nee, Meneer, luister na my. Ek gee die stuk grond vir u, ook die grot wat daarop is. Ek gee dit vir u in die teenwoordigheid van my volksgenote. Begrawe u vrou daar.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Nee, meneer, luister na my! Die stuk grond gee ek vir u; en die grot wat daarop is – vir u gee ek dit. Voor die oë van my volksgenote gee ek dit vir u. Begrawe u oorlede vrou.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Nee, Meneer, luister na my. Ek gee die grond vir jou en ook die grot wat daarop is. Ek gee dit vir jou hier waar my mense dit sien. Begrawe jou vrou daar.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Efron het geantwoord: “Nee, Meneer, dit is nie nodig nie. U hoef my niks te betaal nie. Voor al my mense gee ek u vandag die grond met grot en al. U kan sommer vandag nog u vrou daar gaan begrawe.”