Genesis 23:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Efron het onder die kinders van Het gewoon; en Efron, die Hetiet, het Abraham geantwoord voor die gehoor van die kinders van Het, van almal wat by die poort van sy stad ingegaan het en gesê:
Afrikaans (NLV) 2011 Efron het daar tussen die ander Hetiete gesit. Hy antwoord Abraham in die teenwoordigheid van die oudstes in die stadspoort:
Afrikaans 1933/1953 En Efron het tussen die seuns van Het gesit. Toe antwoord Efron, die Hetiet, vir Abraham voor die ore van die seuns van Het, van almal wat in die poort van sy stad ingegaan het:
Afrikaans 1983 Efron die Hetiet het tussen die Hetiete gesit en daar waar al die Hetiete wat die stadspoort binnekom, dit kon hoor, het hy vir Abraham gesê:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Efron het daar tussen die Hetiete gesit. Efron, die Hetiet, het Abraham toe ten aanhore van die Hetiete, naamlik almal wat deur die dorpspoort ingaan, geantwoord:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Efron het tussen die Hetiete gesit. Hy het Abraham geantwoord, en almal wat by die stad se poort ingekom het, kon hoor wat hy sê. Hy het gesê:
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Efron was ’n gesiene man. Hy het in die stad se poort saam met al die ander belangrike Hetiete gesit en na Abraham se versoek geluister.