Genesis 22:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Abraham: My seun, God sal vir Homself 'n lam as brandoffer voorsien; en hulle het al twee saam gegaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “God sal self die lam voorsien, my seun,” antwoord Abraham. So het die twee verder gestap. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Abraham antwoord: God sal vir Homself die lam vir 'n brandoffer voorsien, my seun. So het hulle twee dan saam geloop. |
| Afrikaans 1983 | Abraham het geantwoord: “My seun, God sal sy eie offerlam voorsien.” Daarna het hulle twee saam verder gestap. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Abraham het geantwoord: “God sal vir Homself die lam vir 'n brandoffer voorsien, my seun.” So het hulle twee saam geloop. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En Abraham sê: “My seun, God sal self die skaap vir die brand-offer gee.” Hulle twee het saam verder geloop. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Abraham het geantwoord: “Moenie bekommerd wees nie, seun. God sal self nog vir ons ’n skaap gee om te offer.” Die twee het verder gestap. |