Genesis 22:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Abraham het die hout van die brandoffer geneem en dit op sy seun Isak gelê; en hy het die vuur in sy hand geneem en 'n mes; en hulle het al twee saam gegaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Abraham sit toe die hout op Isak se skouers. Hy het self die mes en die vuur gedra. Terwyl die twee so saamloop, |
| Afrikaans 1933/1953 | En Abraham het die hout vir die brandoffer geneem en dit op sy seun Isak gesit, en die vuur en die mes in sy hand geneem. So het hulle twee dan saam geloop. |
| Afrikaans 1983 | Abraham het die hout vir die brandoffer op sy seun Isak se rug getel en self vuur en 'n mes saamgevat. Terwyl hulle twee so saamloop, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Abraham het die hout vir die brandoffer geneem en dit op sy seun Isak se skouer gesit; hy het die kole vuur en die mes gevat. So het hulle twee saam geloop. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Abraham het die hout vir die brand-offer geneem en hy het dit op sy seun Isak gesit. Hy het self die kole vuur en die mes geneem, en hulle twee het saam geloop. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Abraham het die hout van die brandoffer gevat en op Isak se rug vasgemaak. Abraham het ’n groot mes gedra asook die vuurklip waarmee hulle die hout moes aansteek. Saam-saam het hulle na die plek toe aangestap. |