Genesis 22:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | en gesê: By Myself het Ek gesweer, spreek die HERE, want omdat jy hierdie ding gedoen het en jou seun, jou enigste, nie teruggehou het nie; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die Here sê: ‘Omdat jy My gehoorsaam het en nie eens jou geliefde seun van My weerhou het nie, neem Ek ’n eed |
| Afrikaans 1933/1953 | en sê: Ek sweer by Myself, spreek die HERE, omdat jy dit gedoen het en jou seun, jou enigste, nie teruggehou het nie, |
| Afrikaans 1983 | [16-17] en gesê: “Dit is Ek, die Here, wat praat. Ek lê 'n eed af by Myself dat Ek jou baie sal seën oor wat jy gedoen het: jy het nie geweier om jou seun, jou enigste seun, aan My te offer nie. Ek sal jou vrugbaar maak en jou nageslag so baie maak soos die sterre aan die hemel en soos die sand van die see. Jou nageslag sal die stede van sy vyande in besit neem. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en gesê: “By Myself sweer Ek,” is die uitspraak van die Here, “omdat jy dit gedoen het en nie jou seun, jou enigste, van My teruggehou het nie, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en gesê: “Jy het gedoen wat Ek gevra het. Jy het nie geweier om jou seun te offer nie. Daarom belowe Ek, die Here, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Vandag was jy bereid om hierdie lieflingskind van jou te offer; daarom beloof Ek jou |