Genesis 22:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Abraham het daardie plek genoem: Die HERE Jireh; soos daar tot vandag toe gesê word: Op die berg van die HERE sal voorsien word.
Afrikaans (NLV) 2011 Abraham het toe die plek genoem “Die Here voorsien”. Hierdie naam het sedertdien ’n spreekwoord geword: “Op die berg van die Here sal voorsien word.”
Afrikaans 1933/1953 En Abraham het die plek genoem: Die HERE sal voorsien! Sodat vandag nog gesê word: Op die berg van die HERE sal dit voorsien word.
Afrikaans 1983 Toe noem Abraham die plek: “Die Here voorsien.” Daar word nou nog gesê: “Op die berg van die Here word voorsien.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Abraham het daardie plek genoem, Die Here voorsien, sodat vandag nog gesê word: “Op die berg van die Here sal voorsien word. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Abraham noem toe die plek “Die Here gee wat jy nodig het.” Die mense sê vandag nog: “Die Here sal op sy berg gee wat jy nodig het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Abraham het die plek “Die Here voorsien” genoem. Vandag nog gebruik mense die uitdrukking: “Op die berg van die Here sal Hy altyd voorsien.”