Genesis 21:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Sara het gesien hoe die seun van Hagar, die Egiptenaar, wat sy vir Abraham gebore het, spot. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar toe Sara opmerk hoe die seun van Abraham en Hagar vir Isak staan en lag, |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sien Sara hoe die seun van Hagar, die Egiptiese slavin, wat sy vir Abraham gebaar het, spot; |
| Afrikaans 1983 | Toe Sara die seun wat Hagar die Egiptiese slavin vir Abraham in die wêreld gebring het, sien lag, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sara sien toe dat Hagar, die Egiptiese vrou, se seun, wat sy vir Abraham in die wêreld gebring het, spottend lag. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe sien Sara dat Ismael lag. Ismael was die seun wat Hagar, die slavin uit Egipte, vir Abraham gekry het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sara het gesien dat Ismael eenmaal vir Isak lag. Ismael was Abraham se kind by die Egiptiese vrou Hagar. |