Genesis 21:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die kind het grootgeword en is gespeen, en Abraham het 'n groot feesmaal gehou op dieselfde dag dat Isak gespeen is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Isak het groter geword en die dag toe hy gespeen is, het Abraham ’n groot fees gereël om die geleentheid te vier. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die kind het opgegroei en is gespeen. En Abraham het 'n groot maaltyd berei op die dag toe Isak gespeen is. |
| Afrikaans 1983 | Die kind het grootgeword en die dag toe hy gespeen is, het Abraham 'n groot fees gehou. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die kind het gegroei en is gespeen. Abraham het op die dag toe Isak gespeen is, 'n groot feesmaal gehou. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die kind Isak het grootgeword en opgehou om aan Sara te drink. Op daardie dag, toe Sara vir Isak gespeen het, het Abraham 'n groot fees gehou. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Isak het grootgeword en sy ma het later opgehou om hom te borsvoed. Die dag toe dit gebeur, het Abraham ’n groot fees gehou. |