Genesis 21:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Abraham het 'n bos in Berseba geplant en daar die Naam van die HERE, die ewige God, aangeroep. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Abraham plant toe ’n tamarisk by Berseba en het die Here, die ewige God, daar aanbid. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het 'n tamarisk in Bers,ba geplant en daar die Naam van die HERE, die ewige God, aangeroep. |
| Afrikaans 1983 | en Abraham het 'n tamarisk by Berseba geplant en daar die Naam van die Here, die ewige God, aangeroep. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Abraham het 'n tamarisk in Berseba geplant en daar die Naam van die Here, die Ewige God, aangeroep. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Abraham het 'n tamariskboom by Berseba geplant. Hy het die Here, die ewige God, aanbid. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Abraham het ’n tamarisk by Berseba geplant en daar gebid. Hy het die Here, die ewige God, daar aangeroep. |