Genesis 21:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So het hulle dan 'n verbond gesluit in Berséba, en Abimeleg het opgestaan en Pikol, die owerste van sy leër, en hulle het teruggekeer na die land van die Filistyne. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ná die sluiting van die ooreenkoms, het Abimelek en Pikol, die bevelvoerder van sy leër, teruggegaan na hulle tuiste in die land van die Filistyne. |
| Afrikaans 1933/1953 | So het hulle dan 'n verbond gesluit in Bers,ba. Daarna het Abim,leg en Pigol, sy leërowerste, klaargemaak en na die land van die Filistyne teruggegaan. |
| Afrikaans 1983 | Nadat hulle die ooreenkoms by Berseba gesluit het, het Abimelek en Pikol, die bevelvoerder van sy leër, teruggegaan na die land van die Filistyne toe, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Nadat hulle by Berseba 'n verdrag gesluit het, het Abimeleg en Pigol, die bevelvoerder van sy leër, gereedgemaak en teruggekeer na die land van die Filistyne. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Nadat hulle die ooreenkoms by Berseba gemaak het, het Abimelek en Pikol, die hoof van sy leër, teruggegaan na die Filistyne se land. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Na die ooreenkoms by Berseba het Abimelek en sy leërhoof, Pikol, weer na die Filistyne se land teruggekeer. |