Genesis 21:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sweer dan nou vir my hier by God dat jy nie vals sal handel met my en my seun of my seun se seun nie; maar volgens die goedertierenheid wat ek aan jou bewys het, moet jy aan my en aan die land bewys waarin jy as vreemdeling vertoef het.
Afrikaans (NLV) 2011 “Belowe my met ’n eed in God se Naam dat jy nie oneerlik teenoor my sal optree nie, ook nie teenoor my kinders of my kleinkinders nie. Ek was lojaal aan jou; belowe nou dat jy ook aan my en hierdie land lojaal sal wees solank jy lewe.”
Afrikaans 1933/1953 Sweer dan nou vir my hier by God dat jy met my en my kroos en my nageslag nie vals sal handel nie; dieselfde guns wat ek jou bewys het, moet jy aan my bewys en aan die land waarin jy as vreemdeling vertoef.
Afrikaans 1983 Beloof my dan nou met 'n eed in die Naam van God dat jy nie vals sal optree teen my of my kinders of my kleinkinders nie, dat jy net so eerbaar sal optree teenoor my en teenoor die land waarin jy nou woon, as wat ek teenoor jou opgetree het.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom, sweer hier vir my by God dat jy my, my kinders en my nageslag nie sal bedrieg nie. In ooreenstemming met die trou wat ek aan jou bewys het, moet jy ook aan my en aan die land waarin jy as •vreemdeling woon, trou bewys.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moet nou belowe dat jy nie vals sal wees teen my of teen my kinders of my nageslag nie. Ek was vriendelik met jou, en jy moet ook vriendelik wees met my en met hierdie land waar jy 'n vreemdeling is.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit is waarom jy my vandag iets voor God moet beloof. Jy moet my jou woord gee dat jy altyd vir my goed sal wees. Ook vir my kinders en hulle kinders, ook vir hierdie land en al sy mense. Onthou, ek was ook vir julle goed. Destyds toe jy en jou vrou by ons was, was ek goed vir julle.”