Genesis 21:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) God was met die seun; en hy het opgegroei en in die woestyn gaan woon en 'n boogskutter geword.
Afrikaans (NLV) 2011 God was met die seun. Hy het in die Paranwoestyn grootgeword en ’n knap boogskutter geword.
Afrikaans 1933/1953 En God was met die seun; en hy het opgegroei en in die woestyn gewoon en 'n boogskutter geword:
Afrikaans 1983 God was by die kind en hy het groot geword. Hy het in die woestyn gewoon en het handig geword met die pyl en boog.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) God was met die seun, en hy het opgegroei. Hy het in die woestyn gewoon, en hy het 'n boogskutter geword.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) God was altyd by Ismael. Hy het grootgeword en in die woestyn gewoon. Hy het geleer om baie goed met 'n pyl en boog te skiet.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) God was naby Ismael en hy het grootgeword. Hy het in die woestyn gewoon en was ’n goeie jagter.