Genesis 21:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sara het swanger geword en vir Abraham 'n seun gebaar in sy ouderdom, op die vasgestelde tyd waarvan God met hom gespreek het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sara het swanger geword en vir Abraham in sy ouderdom ’n seun gegee. Dit het gebeur op die bestemde tyd soos God beloof het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Sara het bevrug geword en vir Abraham in sy ouderdom 'n seun gebaar op die bepaalde tyd wat God genoem het. |
| Afrikaans 1983 | Sy het swanger geword en in Abraham se ouderdom vir hom 'n seun in die wêreld gebring. Dit het gebeur op die tyd wat God vir Abraham beloof het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sara het swanger geword en vir Abraham op sy oudag 'n seun in die wêreld gebring. Dit was op die bestemde tyd, soos God hom beloof het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Sara het swanger geword en sy het vir Abraham 'n seun gekry toe hy al oud was. Sy het die seun gekry op die tyd wat God gesê het dit sal gebeur. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sara het ’n seun in die wêreld gebring, presies soos die Here gesê het. Abraham was al oud toe sy seun gebore is. |