Genesis 21:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) God het die stem van die seun gehoor; en die engel van God het na Hagar uit die hemel geroep en vir haar gesê: Wat is dit met jou, Hagar? Moet nie vrees nie; want God het die stem van die seun gehoor waar hy is.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar God het die seun hoor huil. Toe roep die engel van God vir Hagar uit die hemel: “Hagar, wat is verkeerd? Moenie bang wees nie! God het die seun gehoor huil daar waar hy onder die bos lê.
Afrikaans 1933/1953 Toe hoor God die stem van die seun, en die Engel van God het na Hagar geroep uit die hemel en haar gevra: Wat is dit met jou, Hagar? Wees nie bevrees nie, want God het na die stem van die seun geluister op die plek waar hy is.
Afrikaans 1983 God het die kind hoor huil, en die Engel van God het uit die hemel na Hagar geroep en vir haar gesê: “Wat is dit, Hagar? Moenie bang wees nie, want God het die kind daar waar hy lê, gehoor.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) God het die seun se gehuil gehoor. Toe roep die •Engel van God na Hagar uit die hemel en vra vir haar: “Wat is fout, Hagar? Moenie bang wees nie, want God het die gehuil van die seun, daar waar hy is, gehoor.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) God het gehoor dat die seun huil. Die Engel van God het uit die hemel met Hagar gepraat en Hy het vir haar gevra: “Wat is fout, Hagar? Moenie bang wees nie, want God het gehoor dat die seun huil daar waar hy lê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) God het gehoor toe die kind huil en deur sy Engel uit die hemel gesê: “Wat is fout, Hagar? Moenie bang wees jou kind gaan sterf nie. God het hom gehoor daar waar hy onder die struike lê.