Genesis 21:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | God het vir Abraham gesê: Laat dit nie sleg wees in jou oë vanweë die seun en vanweë jou slavin nie; In alles wat Sara aan jou gesê het, luister na haar stem; want in Isak sal jou nageslag genoem word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar God sê vir Abraham: “Moenie oor die seun en jou slavin ontsteld word nie. Doen soos Sara vra, want uit Isak sal jou nageslag voortgesit word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar God het aan Abraham gesê: Laat dit nie verkeerd wees in jou oë ter wille van die seun en van jou slavin nie. Luister na Sara in alles wat sy van jou verlang, want deur Isak sal daar vir jou 'n nageslag genoem word. |
| Afrikaans 1983 | maar God het vir Abraham gesê: “Moenie sleg voel oor die kind en oor jou slavin nie. Luister na alles wat Sara vir jou sê, want uit Isak sal jou nageslag gebore word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | God het egter vir Abraham gesê: “Laat die saak van die seun en jou slavin nie verkeerd wees in jou oë nie. Alles wat Sara vir jou sê – luister na haar! Want daar sal na jou nageslag met die naam van Isak verwys word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar God het vir Abraham gesê: “Moenie dink dit is verkeerd wat Sara gesê het oor jou seun en oor jou slavin nie. Luister na alles wat sy vir jou sê, want die nageslag van Isak sal jóú nageslag wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar God het vir hom gesê: “Moenie so ongelukkig oor die seun en sy ma wees nie. Maak soos Sara gesê het, want deur Isak sal Ek jou nageslag bou. |