Genesis 21:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom sê sy vir Abraham: Verdryf hierdie slavin en haar seun, want die seun van hierdie slavin sal nie saam met my seun, Isak, erfgenaam word nie.
Afrikaans (NLV) 2011 het sy by Abraham aangedring: “Raak ontslae van die slavin en haar seun! Ek sal nie toelaat dat hy, die seun van ’n slavin, die erfporsie met my seun, Isak, deel nie!”
Afrikaans 1933/1953 en sy sê aan Abraham: Jaag hierdie slavin en haar seun weg, want die seun van hierdie slavin mag nie saam met my seun Isak erwe nie.
Afrikaans 1983 sê sy vir Abraham: “Jaag hierdie slavin en haar seun weg. Die seun van hierdie slavin mag nie saam met my seun Isak erf nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sy het vir Abraham gesê: “Jaag hierdie slavin en haar seun weg, want die seun van hierdie slavin mag nie saam met my seun, saam met Isak, erf nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Sara sê toe vir Abraham: “Jaag hierdie slavin en haar seun weg. Hierdie seun van die slavin mag nie erf saam met my seun Isak nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sara het Abraham beveel: “Smyt hierdie Egiptiese vrou en haar kind onmiddellik uit. Haar kind kan verseker nie saam met my kind erf nie.”