Genesis 20:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom het Abiméleg die môre vroeg opgestaan en al sy dienaars geroep en al hierdie dinge voor hulle ore vertel, en die manne was baie bevrees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Abimelek het die oggend vroeg opgestaan en vinnig ’n vergadering met al sy amptenare belê. Toe hy hulle vertel wat gebeur het, het ’n groot angs hulle beetgepak. |
| Afrikaans 1933/1953 | Abim,leg is toe die môre vroeg op en het al sy dienaars geroep en die hele saak voor hulle ore vertel. Toe was die manne baie bang. |
| Afrikaans 1983 | Die môre vroeg het Abimelek sy amptenare geroep en alles vir hulle openlik vertel, en hulle het baie bang geword. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Abimeleg het vroeg die oggend opgestaan en al sy dienaars ontbied. Voor hulle ore het hy die hele gebeure oorvertel. Die manne het baie bang geword. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Vroeg die volgende oggend het Abimelek al sy manne geroep en hy het vir hulle alles vertel wat God vir hom gesê het. Die manne het baie bang geword. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Vroeg die volgende oggend het Abimelek sy manne bymekaargeroep en hulle alles vertel. Almal was baie bang. |