Genesis 20:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Gee dan nou die man sy vrou terug; want hy is 'n profeet, en hy sal vir jou bid, en jy sal lewe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Stuur haar nou terug na haar man toe. Hy sal vir jou bid, want hy is ’n profeet. Dan sal jy bly lewe. As jy haar nie na hom toe terugstuur nie, kan jy seker weet jy en jou hele huishouding sal beslis sterf.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Gee dan nou die man se vrou terug, want hy is 'n profeet; en hy sal vir jou bid, dat jy kan lewe. Maar as jy haar nie teruggee nie, weet dan dat jy sekerlik sal sterwe, jy en almal wat aan jou behoort. |
| Afrikaans 1983 | Gee nou die vrou terug aan haar man. Hy is 'n profeet. Hy sal vir jou bid dat jy kan bly lewe. Maar as jy haar nie teruggee nie, moet jy weet jy sal beslis sterf, jy en almal wat by jou is.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Gee nou die man se vrou terug. Hy is immers 'n profeet, en hy sal vir jou bid, sodat jy kan bly leef. Maar as jy haar nie teruggee nie – weet dan dat jy beslis sal sterf, jy en almal wat aan jou behoort.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Gee nou Abraham se vrou terug. Hy is 'n profeet en hy sal vir jou bid dat jy kan lewe. As jy haar nie teruggee nie, dan sal jy sterf, jy en almal wat by jou is. Dit is seker.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar nou moet jy haar vir haar man gaan teruggee. As jy dit nie doen nie, sal dit sleg met jou en jou mense gaan. Abraham is eintlik ’n goeie man. Hy is ’n boodskapper van My en hy sal vir jou bid.” |