Genesis 20:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | God het vir hom in 'n droom gesê: Ja, ek weet dat jy dit in die opregtheid van jou hart gedoen het; want Ek het jou ook daarvan weerhou om teen My te sondig; daarom het Ek jou toegelaat om haar nie aan te raak nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ja, Ek weet jy is onskuldig,” antwoord God. “Dis hoekom Ek jou gekeer het om teen My te sondig. Ek het nie toegelaat dat jy haar aanraak nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop antwoord God hom in die droom: Ek weet ook dat jy dit in die onskuld van jou hart gedoen het, en Ek self het jou daarvan teruggehou om nie teen My te sondig nie. Daarom het Ek jou nie toegelaat om haar aan te raak nie. |
| Afrikaans 1983 | Toe het God vir hom in 'n droom gesê: “Ja, Ek weet dat jy dit onskuldig gedoen het. Daarom het Ek jou daarvan weerhou om teen My te sondig en het Ek jou nie toegelaat om aan haar te raak nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | God het vir hom in sy droom gesê: “Ook Ek weet dat jy hierdie ding met 'n eerlike hart gedoen het. En Ek het jou dan ook daarvan weerhou om teen My te sondig. Daarom het Ek jou nie toegelaat om aan haar te raak nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Abimelek het gedroom dat God vir hom sê: “Ek weet ook jy het nie slegte planne in jou hart gehad nie. Ek het jou gekeer, en jy het nie sonde gedoen teen My nie. Ek het jou nie toegelaat om aan Sara te raak nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | God het Abimelek geantwoord: “Ek weet dit. Ek weet jy het dit goed bedoel, maar hulle het jou mislei. Dit is hoekom Ek gesorg het dat jy nie naby haar kom of by haar slaap nie. |